Kliniese Sielkundige

MA (Klin. Sielk.) (NWU) 

Praktyk No. 8636206 HPCSA No. PS 0055840

Tjaart van der Walt is ‘n Kliniese Sielkundige wat in privaat praktyk op George en Mosselbaai (Weskaap, Suid-Afrika) praktiseer.  Hy het al agtien jaar ervaring in ‘n verskeidenheid van tegnieke en terapeutiese skole; insluitend Ericksoniaanse Terapie, Egostaatterapie, EMI, Neurolinguïstiese Programmering (NLP) en Kognitiewe Gedragsterapie (CBT).

Hy het spesiale belangstelle in die velde van kort-termyn terapies (minder as ses konsultasies), Kliniese Hipnoterapie (veral vir versteurings van ‘n dissosiatiewe aard), Trauma en Verlies, Neurosielkundige, Persoonlikheids evaluases en Psigo-geregtelik evaluasies.

Tjaart het al op verskeie geleenthede by werkswinkels en kongresse aanbiedings presenteer; insluitend die 4de Egostaat Wêreldskongress op Heidelberg, Duitsland (2011); ‘n werkswinkel op Korttermyn Intervensie Strategië op George (2011) en Hoop na Trauma Konferensie op Stellenbosch (2011). Hy het al verskeie opvoedingsgeleenthede bygewoon vir Volgehoue Profesionele Ontwikkeling (CPD) en is een van die skrywers in die boeke “Deur Trauma” (2006) en “Die Groot Huweliksboek” (2003) – wat altwee deur Maretha Maartens saamgestel is.

Verder het hy al ‘n werkswinkel op Tydlyn terapie by die 2013 MEISA Kongres (wat op Perspektiewe van Verandering in Psigoterapie gefokus het) aangebied. Hy het ook ‘n aanbieding oor Trauma, “Attachment” en Neurobiologie met die rol van Volwassende Spelterapie saam met Hetta van Niekerk by die 2014 MEISA Internaionale Kongres aangebied.

Tjaart voeg nog altyd nuwe kennis by en het ‘n Basiese CNS Pharmakologie Kursus vir Sielkundiges wat deur SACNA aangebied was voltooi (2015). Hy het ook vroer hierdie jaar ‘n opknappingskursus op Neuroanatomie, Neuropatologie en Neurobeelding wat deur Coenraad Hattingh aangebied is bygewoon.

Hy is met die HPCSA (Health ProfessionsCouncil of South Africa) geregistreer as ‘n Kliniese Sielkundige. Verder is hy ook ‘n lid van die MEPSSA (Milton H. Erickson Psychotherapy Society of South Africa) en MEISA (Milton Erickson Institute of South Africa) professionele borde. He het akkreditasie om verskeie psigometriese toetse te administer, insluitend die 16PF-5 en MMPI-2.